Ons
Visie
Agallia
Bedieninge Glo
Hoekom Kies
Ons Jesus Christus?
Wat Is Jou Rol?
Ons Dienste
Lofprysing aan God
“ Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot
sy lof in die vergadering van sy troue dienaars”(Psalms 149:1)
Musiek by Agallia is 'n baie aktiewe deel van ons bediening. Ons
sing nuwe en moderne lof en aanbiddings liedere gekryf deur verskillende
aanbiddingsleiers van regoor die hele wêreld. Die lof liedere
is lewendig en borrelend en is 'n getuienis van die Blydskap en
Vreugde in ons Here Jesus Christus. Die aanbiddings liedere is van
die mooiste liefdes liedere en aanbidding tot ons Hemelse Vader.
Die speel van musiekinstrumente tydens die erediens
“
Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys hom
met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite!
Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale!”
(Psalms 150:3-5)
Charismatiese bedieninge oor die wêreld heen was nog altyd
daarvan beskuldig dat hulle geraas maak tydens lof en aanbidding
- en reg so ook! Musiekinstrumente vorm 'n integrale deel van ons
musiekbediening waar ons moderne liedere tot lof en aanbidding van
die Here sing.
Klap ons hande
Hef ons
hande na bo
Ontvang tiendes
en offergawes en seëninge
|