Dokumentasie en inligting benodig vir huweliksbevestiging
|
| |
SA Burgers:
|
| 1. |
Afskrif van elk se SA id dokument (nie gesertifiseerd) |
| 2. |
2 Paspoort foto’s elk (kleur of swart & wit) |
|
3.
|
2 Getuies (1elk), bo 18 jaar, moet SA burgers wees & 'n afskrif van elkeen se id
|
|
4.
|
Indien enige van die partye voorheen getroud was, afskrif van finale egskeidingsbevel/sterftesertifikaat waar en indien van toepassing
|
| 5. |
Indien buite gemeenskap van goedere in die huwelik tree, brief vanaf die prokureur wat die opstel van sodanige huwelikskontrak bevestig
|
| |
Buitelanders: |
| |
Soos bo, maar ipv id afskrif, word 'n afskrif van paspoort en visa vereis
|
|
Kontak Pastoor Peter (082 555 4847) vir meer inligting of hulp met betrekking tot troues. |